Selfoon:
Selfoon:
Faks:
E-Pos:
E-Pos:
Webtuiste:
+27 (0) 83 481 0107
+27 (0) 71 897 1009
+27 (0) 86 684 8055
info@bastiontraining.com
ceo@bastiontraining.com
www.bastiontraining.com
(‘n Divisie van) Emerald Sky Risk Solutions (Edms) Bpk
Plot 12
Tweedraght
Boschkoppad
Pretoria Oos
0002
Reg No: 2005/015565/07 VAT No: 4110222173 SASSETA: 0819-425-71-657
Geagte Student,
INVESTEER IN LOOPBAANONTWIKKELING: DIT GAAN OOR JOU!
Baie geluk met u besluit om die Pre-Seleksie by te woon en vir u belangstelling in die Bastion Basiese Opleidingskursus. Dit beloof om ‘n ervaring van ‘n leeftyd en in jou direkte belang te wees.
Geliewe na die aangehegte informasie te verwys wat ten doel het om aan applikante die besonderhede en nodige informasie van ons Pre Seleksie te verskaf.
U is welkom om hierdie informasie gratis te deel met ander op voorwaarde dat u die inhoud daarvan dieselfde sal hou.
Indien daar enige vrae is, is u welkom om met ons in verbinding te tree by die bostaande / onderstaande kontakbesonderhede.
Ons sien uit daarna om van u in hierdie verband te verneem.
Vriendelike Groete
Frik Wentzel Bastion Opleidings-Akademie: Uitvoerende Hoof
1.1 Welkom by die Bastion Opleidings-Akademie. Die feit dat u ons unieke Pre-Seleksie gaan meemaak stel u as uniek voor in die sin dat u een van die weiniges uit vele belangstellendes is wat dit deurvoer. Veels geluk met die prestasie. Ons vertrou dat u dit avontuurlik en uiters leersaam sal vind.
1.2 Soos u weet fokus Bastion Opleidings-Akademie primêr daarop om professionele avonturiers toe te rus en voor te berei vir die professionele arbeidsmark. Gevolglik vereis dat ons dat studente se gedrag en optrede professioneel en onberispelik sal wees aangesien dit ‘n direkte invloed op die beeld en akademiese vordering van die ander studente het, en omrede dit die veiligheid van spesialisopleiding direk beïnvloed.
1.3 Kursusleier. U kursusleier is Mnr Frik Wentzel wat alle navrae sal hanteer.
2.1 Voornemende studente moet op Sondag 01 November 2020 vanaf 16H00 aanmeld by ons opleidingsperseel te Boschkop Pad, Tweedragt, Pretoria met alle uitrusting.
3.1 Bankbesonderhede
Nedbank
113-813-8312
Tjekrekenig
16-2145
4.1 Wat Moet Ek Saam Bring? U moet die volgende saam bring:
• Bybel
• Slaapsak
• Veldklere (tenminste 2 stelle)
• Reënjas
• Warm baadjie (vir die veld)
• Stapstewels
• Stapsokkies (wolsokkies)
• Swembroek (LO-broek)
• Mes
• Tou (om skuiling te bou)
• Notaboek
• Potloot, uitveër en pen
• Eetgerei (blik bord, mes, vurk, lepel, blikbeker, ens)
• Volledig voltooide Bastion Aansoekvorm. Sien ook die mediese vrae wat saammet u Dokter ingvul moet word, en die Dokter moet dit afteken.
• Akte van Geheimhouding – invul, parafeer en onderteken elke bladsy onderaan.
• Vrywaringsvorm – parafeer en onderteken elke bladsy onderaan.
• Gewaarmerkte afskrif van ID-dokument
• 2 x Kleurfoto’s van applikant
• Doktersbrief wat stel dat applikant fisies geskik is om die Pre-seleksie mee te maak.
5.1 Algemene Gedrag. Aangesien u die elite in die sekuriteitsindustrie van môre is word daar van u verwag om dienooreenkomstig op te tree: Dit word van u verwag om te alle tye professionele gedrag aan die dag te lê wat onder andere die volgende gedragseienskappe impliseer:
• Persoonlike verbintenis tot stiltetyd en geestelike groei.
• Vriendelik
• Hoë standaard van persoonlike higiëne.
• Respek vir Gesag
◘ Staan op wanneer ‘n instrukteur of gasspreker met jou praat.
◘ Wanneer ‘n instrukteur in u rigting beweeg sal u al die studente in u onmiddelike omgewing op aandag bring en die nodige eerbied betoon.
◘ Instrukteurs word as “INSTRUKTEUR” of as “MENEER” aangespreek.
◘ Familiariteit tussen instrukteurs en studente is streng verbode.
◘ Terugpratery, wederregtelike ongehoorsaamheid of dreigemente van enige aard teenoor medestudente en/of instrukteurs en Akademiepersoneel sal nie geduld word nie, en diesulkes wat hulle daaraan skuldig maak sal onmiddelik geskors word.
◘ Studente onder opleiding sal opstaan en die nodige respek betoon teenoor afgestudeerde studente (Sekuriteitsoperateurs).
• Omgewingsbewustheid. Natuur- en omgewingsbewaring, tesame met die besparing van water en elektrisiteit word van u verwag.
5.2 Rookbeleid. Rook is verbode in alle geboue, insluitende ablusiegeriewe.
6.1 Ouers/voogde en studente moet die vrywaringsvorm in Aanhangsel A en Akte van Geheimhouding in Aanhangsel B tot die Aansoekvorm onderteken.
Gedeelte 369
‘n Gedeelte van Gedeelte 7
Mooiplaats 367JR
Pretoria
Reg No: 2005/015565/07 VAT No: 4110222173 SASSETA: 0819-425-71-657
Posbus 16686
Lyttleton
Centurion
Pretoria
Selfoon:
Selfoon:
Faks:
E-Pos:
E-Pos:
Webtuiste:
+27 (0) 83 481 0107
+27 (0) 71 897 1009
+27 (0) 86 684 8055
info@bastiontraining.com
ceo@bastiontraining.com
www.bastiontraining.com